Welcome / Shalom

Welcome to the Messianic Congregation of South Africa

This is an outreach site for all South Africans…

יהוה is ONE!
YHWH calls you to come out of Babel! (Yir 50:8; Yes 48:20)
Come out of her, My People!

Throughout the past centuries perverted ideas and traditions were established and today are anchored so firmly that it will only be removed with serious effort. The original worship of the first believers in our Messiah differed dramatically from the current "Church Systems".

Discover the TRUTH


Archives

Followers

Messianic S.A -. Powered by Blogger.
Wednesday 30 March 2011

Wat staan geskryf in jou boek?

Ek sien vandag ‘n blanke man, met net een been, en ek wonder…. “Wat staan in sy boek geskryf?”  Ons is so gou om net na ‘n boek se omslag te kyk en dan dink ons, ons weet reeds wat in die boek staan.  Sommige van ons lees weer net die eerste twee bladsye van ‘n boek en dan besluit ons… “Nee-wat, die storie is te saai.”

Ander se boeke is weer vuil en verslete, met bladsye uitgeskeur en dele uitgekrap, lasterlike tekens oral te bespeur.  Dan is daar ook die wie se boeke duister is, want hulle hou dit toegesluit in ‘n donker kas, daar is te veel geheime in opgeskryf.

Babas en kindertjies se blaaie is nog spierwit, maar ons Skepper weet reeds van die begin af wat in hulle boeke geskryf gaan word en dan is daar diegene wie se blaaie alreeds op ‘n vroeë stadium besmeer is, nog voordat die middelblad bereik is.  Daar is ook diegene wat asgevolg van die vyand se valse beskuldigings besluit om hul boeke af te sluit alvorens die laaste bladsy voltooi is.

In die Skrif is daar ook ‘n hele paar boeke geskryf wat dien as riglyne oor hoe om jou lewe te lei.  Die belangrikste van hierdie boeke is DIE BOEK VAN DIE LEWE.

Openb 3:5  Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.

Maar om jou naam in die boek van die lewe te kry, moet jy Sy NAAM ken.  Wat is sy NAAM?

Here? God? Jesus? Christus?.... Verkeerd!

Eksodus 3:14  En Elohim sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.

Die Hebreeuse teks lees: 'eyeh' asher 'eyeh, die woord "eyeh is afgelei van Hayah wat beteken om te wees, om te bestaan​​, maar die Aramese teks hier in vers 14 lui soos volg: Aia Ashar Aia. Dit is nie Sy Naam nie, maar dit is 'n verduideliking wat lei tot die openbaring van Sy Naam in vers 15, naamlik: יהוה.

Exo 3:15  Toe sê Elohim verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel:  ‘יהוה, die Elohim van julle vaders, die Elohim van Abraham, die Elohim van Isak en die Elohim van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag.

Eksodus 15:3  ‘יהוה is ‘n krygsman; ‘יהוה is sy naam.

Ps 9:10  (9:11) En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o Elohim!

2Ti 2:19  Ewenwel, die fondament van YHWH staan vas met hierdie seël  ‘יהוה ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van die Messias noem, afstand doen van die ongeregtigheid.

Hoekom Yahshua en nie Jesus nie?  Die Heilige naam van ons Skepper is Yahweh (YHWH).  Sy Naam is ook in die naam van die Messias en Yahshua beteken in Hebreeus Yah red.

Jy gaan nie daarvan hou as die verkeerde naam in die Boek van die Lewe opgeskryf word nie, of dat jou naam uitgewis word omdat jy Sy Naam nie ken nie…

Mat 7:21  Nie elkeen wat vir My sê: Meester, Meester! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
Mat 7:22  Baie sal in daardie dag vir My sê: Meester, Meester, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
Mat 7:23  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! 

Tyd raak min, jy is dalk vandag op jou laaste bladsy of wie weet more is dit die wederkoms…  SOEK SY WARE NAAM EN ROEP HOM AAN… handhaaf Sy gebooie!


Shalom MCSA

The Name Debate...

Yahweh, Yahwah, Yahawah, Yahovah, Yaheveh, Yehaweh, Yehowah, Yehowih, Yehwih, Yahuweh, Yahueh, Yahuah, Jahveh, Iabe, Iahueh, Iehouah and Jehovah

What is His Sacred Name or True Name?

YHWH

Yahweh is His Name!

The other forms of His Name has been a gross mistranslation.
Some of the videos in this blog shows examples
of the Name misunderstood and mistranslated
by other Messianic groups. Do not be deceived and profound His Name.
Though there's educational value in these videos, please keep in mind
that YHWH = Yahweh

The proper personal Hebrew way to express The Fathers name is not "God
or LORD", but rather Yahweh even though translated as Jehovah or Yahuah, however you should refrain from using Jehovah or Yahuah. The word "God" should be pronounced as "Elohim", which is pronounced Eloheem, or as 'El. The personal Four-Letter Name of our Elohim is represented by the letters YHWH in Hebrew. Therefore the letters are correctly pronounced "Yod Hey Waw Hey".


Any questions / Discussions can be directed towards
The MESSIANIC CONGREGATION SA - Facebook page